DinokengCoZa: The #1 Website For Dinokeng

Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Proteafees 2020/2021

24/04/2021 - 27/04/2021

By die Proteafees is ons hooffokus die lieflike proteablomme van ons eie plaaslike boer, Japie van Staden, wat regstaan met raad as jy jou eie proteaboom wil plant. Inderdaad kan proteas ook hier gekweek word!

Die opelug verhoog sorg vir vermaak aan die feesgangers deur top kunstenaars, terwyl daar heerlik gesmul kan word aan tradisionele eetgoed soos vetkoek, kerrie en rys, pannekoek, worsbroodjies, melkkos, pap en kaiings, poedings, hamburgers en nog meer.

Die Wyntuin (oop elke dag) en Biertuin (oop elke dag behalwe Sondag eers vanaf 11h00) bied verversings vir droë kele.

Geniet ‘n verskeidenheid van gehalte kunsmark stalletjies wat beloof om in elke feesganger se smaak te val. Mammas kan hul kleingoed in ‘n veilige kinder speelarea onder toesig laat terwyl hulle rustig deur die stalletjies stap of ‘n teater vertoning bywoon.

Bespreek jou sitplek vir onvergeetlike teater genot betyds teen ‘n minimale bedrag.
Koop jou toegangskaartjies aanlyn of by die toegangshek by die fees. Moet die fees nie misloop nie!

Details

Start:
24/04/2021
End:
27/04/2021
Event Category:
Website:
https://www.facebook.com/Proteafees/

Venue

Legends MX
R515 Road
Cullinan, Gauteng 1001 South Africa
+ Google Map
Phone
082 823 1508
View Venue Website

Organizer

Proteafees
Phone
082 823 1508
Email
info@legendsmx.co.za
View Organizer Website

Leave a reply